Kursus in notariële praktyk
Aanlynlesings |
Leer deur interaksie en baat by gefokusde studieleiding. Pryse sluit lesings en studiemateriaal in. Registrasies sluit 1 week voor aanvang van lesings. |
Selfstudie |
Ontvang die studiemateriaal en leer teen jou eie tempo. Geen afsnydatum vir registrasie. |
Opnames |
Kyk enige tyd wat jou pas na opnames van die aanlynlesings. Pryse sluit opnames en studiemateriaal in. Jy het 7 weke om die opnames te kyk en 2 kykgeleenthede per lesing. Opnames is slegs in Engels beskikbaar. Geen afsnydatum vir registrasie. |
Kursusinhoud
Voordele van ons aanlynlesings
-
In die verlede was bywoningskursusse gebonde aan sekere plekke. Nou is al wat jy nodig het om 'by te woon' 'n skootrekenaar en 'n stabiele internetverbinding.
-
Die lesings is lewendig en interaktief. Dit beteken dat jy vrae aan die dosent kan rig en met ander kursusgangers interaksie kan hê.
-
Jy ontvang 'n studieskedule wat aandui wanneer wat behandel word. Dit stel jou in staat om so goed moontlik voor te berei vir elke lesing.
-
Jy het 'n week vir voorbereiding tussen lesings. Is daar 'n beter manier om die meeste te maak van jou tyd met die dosent as dit?
-
Hoe gouer jy registreer, hoe vroeër ontvang jy jou studiemateriaal en hoe beter kan jy voorberei vir die lesings en, natuurlik, die eksamens.
Kursusinhoud
Voordele van ons notas
-
Beskikbaar in Afrikaans of Engels (Let wel: Modelantwoorde vir alle vraestelle vanaf 2018 is slegs in Engels beskikbaar)
-
Heerlik gebruikersvriendelik
-
Meer omvattend as enige ander stel notas beskikbaar vir eksamenvoorbereiding
-
Sluit verduidelikende notas, praktiese voorbeelde en gevallestudies in wat die voorgeskrewe eksamensillabus dek
-
Geen ander studiemateriaal nodig
-
Opgestel vir ‘n gehoor sonder enige blootstelling aan en vooraf kennis van notariële praktyk
-
Notas word voortdurend opgedateer en die nuutste wysigings kan teen ‘n addisionele fooi aangekoop word
-
Notas is beskikbaar in losbladformaat sodat wysigings maklik bygevoeg kan word
-
Notas dien ook as waardevolle verwysingsgids in die kantoor
Kursusinhoud
Wil jy meer weet?
Kyk gerus na die kursusinhoud en loer na wat vorige kliënte te sê het in die getuienisse hieronder.
Kursusinhoud
Kursusinhoud
Die voorgeskrewe sillabus vir die eksamen word deur die volgende afdelings gedek:
DEEL 1 - Verduidelikende Notas
- Hoofstuk 1 - Inleiding
- Hoofstuk 2 - Die notariële akte
- Hoofstuk 3 - Volmagte aan prokureur
- Hoofstuk 4 - Huweliksvoorwaardekontrakte
- Hoofstuk 5 - Notariële verbande
- Hoofstuk 6 - Serwitute
- Hoofstuk 7 - Notariële aktes met betrekking tot deeltitelskemas
- Hoofstuk 8 - Notariële huurooreenkomste
- Hoofstuk 9 - Testamente
- Hoofstuk 10 - Trusts
- Hoofstuk 11 - Skenkings
- Hoofstuk 12 - Wissels en promesses
- Hoofstuk 13 - Skeepsverbande en seeproteste
DEEL 2 - Voorbeelde
- Hierdie afdeling bevat 'n uiteensetting van die voorbeelde wat in die verduidelikende notas hanteer word.
DEEL 3 - Wette van Toepassing op Notariële Praktyk
- Hoofstuk 1 - Huweliksgoedere
- Hoofstuk 2 - Erkenning van Gebruiklike Huwelike
- Hoofstuk 3 - Siviele Verbindings
- Hoofstuk 4 - BTW
- Hoofstuk 5 - Hereregte
- Hoofstuk 6 - Kapitaalwinsbelasting
- Hoofstuk 7 - Boedelbelasting
- Hoofstuk 8 - Intestate Erfopvolging
- Hoofstuk 9 - Onderverdeling van Landbougrond
- Hoofstuk 10 - Maatskappye
Kursusinhoud
Ons belofte
-
Ons kursus en kennis, gekombineer met jou toewyding en volharding, gee jou die beste kans om hierdie uitdagende eksamen te slaag.
-
Jy ontvang die mees omvattende en gebruikersvriendelike stel notas beskikbaar vir eksamenvoorbereiding.
-
Ons leer jou nie net van notariële praktyk nie, ons leer jou die skoonheid van die reg soos dit uitgedruk en toegepas word deur notarisse.
-
En bo alles is ons aan jou kant. Om jou te bemagtig dryf ons vorentoe, jou sukses is ons sukses.
Kursusinhoud
Waarvoor wag jy?
Join Telegram group
Admission Application Template Pack
Fill out this form to download your FREE copy of our template pack for the application to be admitted as legal practitioner.
The template pack includes:
- A checklist for the application for admission in terms of the Legal Practice Act
- A list of requisite annexures
- A template for the notice of motion
- A template for the founding affidavit
- A template for the supporting affidavit